top of page

ARENDSVLERKE

Na 'n baie moeilike kwartaal 2 is dit uiteindelik wintervakansie! Dit is ook 'n tyd vir oordenking. Kwartaal 1 en 2 was vir verskeie redes vir my as persoon ongelooflik moeilik. Die pessimis-apie het gereeld op my skouer kom sit en my in myself laat twyfel. Hoekom is jy in die onderwys? Hoekom laat jy 'n individu toe om jou gedagtes so oor te neem dat jy in jouself en jou onderwys-metodes en selfs jou vakkennis begin twyfel? Daar het 'n donker wolk oor my kop gehang...


MAAR, toe vertel 'n vriendin vir my oor die arend-uitkyk... Die donkerte in my siel het verdwyn. 'n Ouer kontak my een middag, toe ek weereens moedeloos en raadop is, en sy begin my skielik bedank. Dankie vir wat ek vir haar kind beteken en vir hom doen. Dankie dat ek 'n verskil maak en so baie omgee. Dit was net die begin... in die dae wat volg het ek boodskap op boodskap van kinders en ouers begin ontvang.Hierdie boodskappe het weer my ARENDS-VLEKRE opgetel, hulle sterk gemaak en tot bo die wolke getel. Dankie. Dankie vir elke boodskap en elke oproep. Ek is lief vir wetenskap, en ek is lief vir kinders. Wat 'n ongelooflike voorreg is dit nie om elke dag vir die Here te werk met sy kinders nie? Daarom sê EK vanoggend, na 'n ongelooflike moeilike halwe jaar, DANKIE. Dankie dat julle as ouers my toevertrou met jou kind, en dankie kinders dat julle my hart so ongelooflik vol liefde en trots maak. Dit is 'n voorreg.


RECENT POSTS:
SEARCH BY TAGS:

© 2023 by NOMAD ON THE ROAD. Proudly created with Wix.com

  • b-facebook
  • Instagram Black Round
bottom of page